VLOTREGISTRASIE VIR 2025 KARNAVAL!
Baie dankie vir u besluit om deel te wees van die Orania Karnaval 2025 se vlotoptog!
Onthou asb die volgende reëlings:
- Sluitingsdatum vir inskrywings: Die registrasievorm kan fisies by die Dorpskantoor afgehaal en in harde-kopie voltooi word (of per e-pos gestuur word na grondgebruik@myorania.co.za, of kan op ons webwerf elektronies voltooi word, voor of op Vrydag, 26 September 2025.
- Bymekaarkom: Vlotte moet voor of teen 11:00 op die grondpad langs die Kruger-beeld aangemeld wees, met voorkante in die rigting van die sportgronde. Dit is dus op die verlenging van Soetdoringstraat wat tussen Duiker en die nuwe Werksgebou deurloop (sien aangehegde kaart).
- Program: Die onthulling van die Pres. Paul Kruger Standbeeld begin om 12:00.
- Vertrek: Die optog vertrek stiptelik om 14:00 na die Orania Sportgronde.
Die tema en slagspreuk vir vanjaar se optog is: “Ons Erfenis”. Elke vlot-inskrywing sal beoordeel word op grond van hoe goed hulle ’n Afrikanerheld uitbeeld, maar natuurlik tel dit ook punte om die Afrikaanse taal en Afrikaner geskiedenis oor die algemeen op kreatiewe wyse te inkorporeer. Ons sien graag hoe deelnemers hul Afrikaner-erfenis met hul Orania-erfenis kan kombineer.
Neem asseblief kennis daarvan dat die vlotte se afmetings nie onbeperk is nie en dat dit u verantwoordelikheid is om in ag te neem dat:
- die ingangshekke na die Sportgronde 3.0m breed en 3.2m hoog is, en
- die skuifhekke langs die rugbyveld 3.3m breed is.
Vriendelike groete,
Cobus Pretorius: Vlotkaptein