Karnaval Program
Bloed is dikker as water en mense is nou maar net so bedraad dat ons voorkeur gee aan dit wat ons EIE is. Orania is niks anders nie. Ons het almal eienaarskap geneem van hierdie stukkie grond en dit ons EIE gemaak. Ons gun ander mense presies dieselfde, maar hierdie klein plekkie in die Karooson, hierdie is ons EIE. Hier droom ons groot drome en bou ons almal aan ’n toekoms vir ons EIE mense. So het die tyd dan ook weer aangebreek vir die mense van Orania om sy deure oop te maak en die wêreld daar buite uit te nooi om weer heerlik saam met ons te kom kuier by die jaarlikse Orania Karnaval nommer 13!
Die Orania Karnaval is die grootste gebeurtenis op ons dorp se sosiale kalender en behalwe dat dit ’n geleentheid is om te kuier en plesierig te wees, wil ons hierdie jaar bietjie fokus op dit wat ons EIE is. Daar is soveel om te vier en oor dankbaar te wees: ons pragtige taal, Afrikaans, ons EIE dorp, ons eie skole, ons eie kerke, ons eie instellings en vele meer. Is dit nie ’n wonderlike gedagte om te weet dat alles wat ons hier vermag, uitgevoer word deur ons eie vernuf, arbeid en eie hulpbronne nie?
Die karnavalkomitee het gepoog om hierdie jaar die klem sterk op gemeenskapsbetrokkenheid te plaas. Kom neem weer deel aan die immergroen en altyd gewilde Kaalvoetkonsert en kom voed jou siel met die Oker-konsert wat beloof om ’n hoogtepunt te wees. Die neonnagdraf vind oudergewoonte weer op Donderdagaand plaas en is ’n geleentheid vir oud en jonk om ons pragtige dorp bietjie te verken en terselfdertyd baie pret te hê. Die naweekprogram bied weer ‘n verskeidenheid wat vir elke ouderdom ‘n hoogtepunt kan bied . Nie net is al die ou staatmakers soos die toutrek, die vlotoptog en die ambaguitdagings weer op die program nie, maar gaan daar hierdie jaar weer een van die ou items van jare gelede terugverwelkom word in die vorm van ’n lekker boeresport. Vrydagaand word daar ’n opskop gehou soos wat net Afrikaners kan. Balke toe!
Besoekers en inwoners gaan darem nie net heeltyd rondhardloop en kompeteer nie. Daar is hierdie jaar weer meer as 70 stalletjies om te verken en daar word gesorg vir oorgenoeg koelte om onder te ontspan terwyl almal smul aan smaaklike tuisgebak. Kom kyk hoe Brian Capper met ’n motorfiets spring en klouter op plekke waar mens nooit sou dink dat ‘n motorfiets ooit daar kan bykom nie. Lloyd Bristow bring vir ons ’n groep pragtig opgeleide honde om oud en jonk te vermaak met die oulikste toertjies. Saterdagaand sluit ons af met Ray Dylan en orkes wat gaan sorg vir gewilde musiek wat oud en jonk aan die beweeg sal kry.
Die Orania Dorpsraad wil graag alle inwoners en besoekers welkom laat voel by hierdie jaar se Karnaval en daarom moet kostes niemand verhoed om saam met ons te kom kuier nie. Die karnavalkomitee het besluit om hierdie jaar voet by stuk te sit om te wys dat gemeenskasbetrokkenheid nie maar net ’n spreekwoord is nie. Eerstens is daar hierdie jaar geen verhoging in toegangskostes vanaf verlede jaar nie maar meer nog, ons gaan op Vrydag 27 September GRATIS toegang bied vir almal! Dis reg, dit gaan heeltemal verniet wees om Vrydag die Karnaval te besoek. Plak solank ’n nota op die yskas dat die week van 21 tot 28 September ’n besonderse geleentheid bied vir almal om dit wat jou EIE is, met hope pret en plesier te vier.
Stalletjies kan aanlyn of by die Orania Poskantoor bespreek word. Toegangskaartjies vir die hele week se feesvieringe kan aanlyn sowel as by die Orania Poskantoor gekoop word, maar onthou, jy hoef geen kaartjie vir Vrydag te koop nie. Kom net in en maak die karnaval ook JOU EIE!
Onse hemelse Vader is darem maar goed vir Orania. Prys Sy naam!
Saterdag, 21 September 2024
Maandag, 23 September 2024
19:00
Die Waterwyser – ‘n Oker komedie
Gemeenskapsaal
Volwassenes – Ф50
Kinders (o/12) – Ф25
Dinsdag, 24 September 2024
Woensdag 25 September 2024
Donderdag 26 September 2024
18:30
Neon Nagdraf – 4km
Orania Sportterrein
’n Neonkleurige kuier deur die strate van Orania
Volwassenes – Ф50
Kinders o/12 – Ф30
Gemsbok Sportinstituut
Vrydag 27 September 2024
12:00
Stalletjies open
Orania Sportterrein
Deurlopend:
‘n Verskeidenheid stalletjies
Gratis
13:00
Antieke trekkerdemonstrasie
Arena
oom Graham Wilson
Gratis
16:15
Vlotoptog Prysuitdeling
Orania Sportterrein
Gratis
16:30
Dansvertoning
Arena
WD Dans Akademie
Gratis
17:30
Boogskiet kompetisie
Orania Betonletters
Koedoe Boogskiet Akademie
Gratis
18:00
Brian Capper
Arena
Voorvertoning
Gratis
19:00
Karnavalopskop
Kuiertent
Gratis
Saterdag 28 September 2024
08:00
Hekke open
Orania Sportterrein
Deurlopend:
‘n Verskeidenheid stalletjies
Helpmekaar Kinderpret
Vonktjorritte
Aankondiger: Pieter Krige
09:30
Skopfietsie-uitdaging
Orania Sportterrein
Kinders 3 – 5jr – Pryse te wen!
Kategorieë O/3, O/4, O/5 – Bring eie skopfietsies
10:00 – 11:30
Ambaguitdagings
Arena
Sweis-, bou- en Ingenieursuitdagings
11:30
Antieke trekkerdemonstrasie
Arena
oom Graham Wilson
12:00
Boogskietkompetisie
Orania Betonletters
Koedoe Boogskiet Akademie
13:00
Boeresport
Arena
aangebied deur Gemsbok Sportinstituut
14:30
Toutrek
Arena
aangebied deur Orania Toutrekklub
15:30
Sterkmanvertoning
Arena
16:30
Dansvertoning
Arena
WD Dans Akademie