Neem Kennis: Aanlyn kaartjieverkope het gesluit. Kaartjies by die Orania Sportterrein hekke beskibaar.

Besienswaardighede

Openbare Kunswerke is besienswaardig

Elk met ‘n unieke storie

As ‘n besoeker in Orania arriveer is daar ʼn paar plekke wat ‘n ruspose die moeite werd maak. Dié plekke is geskiedenis- en kultuurbakens van die Afrikaner en vorm deel van ons dorp se karakter.

Die belangrikheid van openbare kuns

Openbare kuns dien twee primêre funksies: Dit bied ʼn hulpmiddel vir ekonomiese herlewing en skep gemeenskapsidentiteit. Dit verhoog die gemeenskap se lewenskwaliteit deur vir sy burgers `ʼn medium te bied om hulle identiteit uit te druk. Dit verteenwoordig `ʼn gevoel van gemeenskapstrots en dit bring mense bymekaar.

Orania Trap

Definisie

Openbare kuns is `ʼn term wat gebruik word vir munisipale- of gemeenskapskuns. Dit is basies enige kunswerk wat geskep is vir die algemene publiek en op `ʼn plek geplaas is waar dit sigbaar en toeganklik is. Die definisie omvat kunswerke wat geskep is met die hulp van  regeringfondse of liefdadigheidskenkings.

Monumentkoppie

Orania monumentkoppie is ʼn simboliese terrein om te besoek. Daar is borsbeelde van bekende Afrikanerfigure in ʼn halfmaan geposisioneer en hulle almal se oë is op die klein reus in die middel van die halfmaan gerig. Die klein reus rol sy mou op, omdat hy weet daar is baie werk wat self gedoen moet word.

Die Orania-vlag

Die klein reus is Orania se simbool vir selfwerksaamheid en eie arbeid en daarmee saam beteken sy naam dat hy klein is maar dat die werk wat hy verrig en sy idee vir vryheid reusagtig is. Die klein reus kyk uit oor Orania in die toekoms, maar hy is gegrond in sy voorouers en die verlede. Dié beeld is deur Kaalvoet opgerig.

Die koeksistermonument wat naby die Orania Gemeenskapswembad staan is ʼn groot toeristeaantreklikheid in Orania. Die koeksister het sy ontstaan weens die baie fondsinsamelings wat deur Afrikanervroue gehou is deur koeksisters te verkoop. Die koeksistermonument bring hoop en wys dat iets klein uiteindelik ʼn baie groot verskil kan maak.

Die koeksistermonument

Orania Beweging se Waarheid-bord is opgerig om joernaliste en ander te herinner om by die waarheid te hou. Greener se wet…

Daar is verskeie openbarekuns in Orania wat die dorp opvrolik. Die Afrikanerliedjiemuur by Karoosig Aftreeoord beeld verskeie FAK liedjies uit. Hierdie muur herinner Oraniërs hoe vrolik Afrikaners kan wees tydens volkspele en saamsing geleenthede. Die Afrikanerliedjiemuur is saamgestel uit die volgende Volkspeleliedjies en Afrikaanse liedjies: Op my ou Ramkiekie, Daar kom die wa, Jan Pierewiet, Kyk hoe ry tant Hessie se wit perd en Afrikaners is plesierig. Volgens Cornelia Holm is die muur vir die Aftreeoord ontwerp om oues van dae nog steeds jonk van gees te hou met ‘ ʼn lied in die hart en ‘ ʼn wip in die dansvoet.

Liedjiemuur

Die Geloftemuur by die vulstasie is ook ʼn  prag kunswerk wat Oraniërs herinner aan 16 Desember 1838, die dag waarop ʼn Goddelike wonderwerk plaasgevind het. Andries Pretorius se laer is gespaar teen ʼn oormag Zulu’s. Hierdie muur beeld ossewaens van die Groot Trek aan die een kant en Sarel Celliers wat die gelofte aflees aan die ander kant uit.

Geloftemuur
Geloftemuur

Die gedenklantern by Sandbaai moet nog onthul word. Renier Bekker het die lantern vervaardig. Die simboliek daaraan is gee LIG en wees lig.

Orania wil graag ʼn meer fietsgebonde gemeenskap wees en daarom die kunswerk wat kinders op fietse uitbeeld wat voor die Duikergebou in Orania staan. Oktober is fietsrymaand in Orania.

Kinders op fietse openbare kuns

Die Aalwynhuis in Robynlaan is ʼn baie besonderse kunswerk in Orania. Hier het verskeie kunstenaars die geleentheid gehad om aalwyne op ʼn huis te verf en die huis in ʼn kunswerk te omskep. Orania se kaalvoettrap (ook in Robynlaan) is uit mosaïek gemaak en beeld ʼn boom wie se wortels diep gegrond is uit. Hierdie boom is baie simbolies omdat dit ook die vrugte dra (olywe en pekanneute) wat in Orania verbou word. Verder kry die boom ook sy lig van die son, maar sy krag en energie van Jesus Christus waarin hy geanker staan met sy wortels. Verder het die Orania letters wat voor Stokkiesdraaipark, soos Orania binnegekom word, en by die sportvelde is ʼn gewilde toeristeaantreklikheid. Die Orania letters is ook op linkerkant soos jy Orania binnekom vanaf Vanderkloof se kant. Besoekers neem graag hier foto’s as bewys dat hulle Orania besoek het.

Aalwynhuis in Robynlaan

Die Verwoerdgedenkmuseum in Pêrellaan vertel die geskiedenis op ʼn baie lewensgetroue manier aan die nageslagte van die Afrikaner. Verskeie bekende foto’s van dr Verwoerd tydens sy presidentskap, heelwat geskenke wat hy van allerlei swart stamme ontvang het en die klere wat hy aangehad het toe hy die dag vermoor is. Binne en buite die huis is ‘n hele paar pragtige beelde wat deur bekende beeldhouers geskep is.???? Tuin praat net van 1 by die ingang.

Die Verwoerdgedenkmuseum se geskiedenis:

Die Orania Museum is in 1994 gestig. Annatjie Boshoff, wie ‘n lewenslange vriendin en vir agt jaar sekretaresse van mev Betsie Verwoerd was, het die moontlikheid van ‘n Verwoerdkamer aangeroer. Dié kamer sou deel van die bestaande Orania museum vorm.

Dié droom is in 1997 bewaarheid toe mev Verwoerd, haar kinders, verskeie klein- en agterkleinkinders, vriende en aanhangers die opening van die Verwoerdkamer bygewoon het. Die kamer het ‘n verskeidenheid van die familie se versamelde items bevat. ‘n Groot aantal lede van die publiek het ook versamelstukke geskenk. Verskeie persone het geld geskenk sodat die museum ontwikkel en onderhou kon word.

Na Betsie Verwoerd se dood op 29 Februarie 2000 het haar kinders besluit dat haar aftreehuisie as ‘n museum aangewend moet word. Mev Verwoerd se kamer moes onaangeraak gelaat word, soos toe sy daar gewoon het. Die woonstel direk langs die kamer, waar die verpleegster/huishoudster gewoon het, moes as ‘n deel van die museum aangewend word. Die Verwoerdgedenkmuseum is in September 2000 amptelik geopen.

Die Tuin:

Daar is klippe, rotse en water, simbolies van die ferm beginsels waarmee dr en mev Verwoerd hul werk as premierspaar benader en uitgevoer het. Die tuin is simbolies van hul liefde vir en belangstelling in die natuur. By die ingang is ‘n borsbeeld van dr Verwoerd deur beeldhouer, Coert Steynberg, geskep.

Geskiedkundige Afrikanerbeelde en standbeelde is in Orania welkom.

Verwoerdgedenkmuseum

Die Ierse monument is in 2002 na Orania verskuif nadat hy weens kommersiële ontwikkeling in Brixton Johannesburg afgebreek is. Tydens die Anglo-Boereoorlog het Ierse vrywilligers die Boere kom bystaan in die stryd teen koloniale Engeland. Baie Iere het hulle lewens verloor tydens die oorlog, maar in Orania vereer ons steeds die heldhaftige manne.

Verassingskruisnis is deur Christiaan van Zyl ontwerp en die simboliek is saam met Lida Strydom bedink. Die verassingskruis vorm ‘n unieke herinneringsplek en fokuspunt. Dit vervang die konvensionele nisse in ‘n muur. Die as van geliefdes wat tans in ‘n muur geplaas word, kan nou na die kruisnis geskuif word.

Die kruis bestaan uit staalpype wat soos orrelpype vanaf 900 mm na 2.4 m styg en waarin vier geliefdes se as geplaas kan word. Dit vorm ‘n rouroete waardeur bedroefdes kan stap en krag kan vind in die kruis. Dié kunswerk bied unieke geleenthede vir seremonies.

Tydens Paasfees kan fakkels op die bo-punte van pype geplaas word. Geestelike video’s kan daar verfilm word. Dit is ‘n toeristebestemming. Christiaan van Zyl, ontwerper vertel: “Die stygende hoogte sluk jou in as jy in die kruis instap. Granietstene kan op plaveisel bevestig word.

Voor die kruis is ‘n basis wat uit die aarde uitrys. Dit suggereer die gestorwe siele wat uit die dood oprys na die hemel deur die genade en liefde van Jesus aan die kruis.

Besoek die begraafplaas vir ‘n unieke ervaring.

Koop ‘n pyp teen R3 535 per pyp wat vier geliefdes se as kan neem. Daar is 168 pype in totaal. Die koste van ‘n enkelgraf is R7 290, wat die verassingsnis ‘n meer bekostigbare aardse eindbestemming maak.

Ierse Monument

Die Kultuurhistoriese Museum

Die Orania Kultuurhistoriese Museum bied ʼn ervaring van Jan van Riebeeck se aankoms in die Kaap deur die Groot Trek, Republieke, Vryheidsoorloë en konsentrasiekampe tot by die Rebellie, Republiek- en Uniewording en Grensoorlog. Die museum huisves wapens, gereedskap en vlae van die Afrikaner.

Kultuurhistoriese Museum