Mediaverklaring

Die Orania Sportterrein sal vanaf 30 September tot 7 Oktober ‘n miernes van bedrywighede wees, wanneer die elfde Orania Karnaval aangebied word. Die tafel is gedek met ‘n yslike verskeidenheid aktiwiteite en aanbiedinge waaraan jonk en oud sal kan smul.
Lyndans vertoning

Vrydagaand se karnavalprogram was met lyndanse, paartjies se danse, Ivan Roux en ‘n kleurvolle, beskrywende laservertoning met ‘n tyd-tema gevul.
Saterdagoggend kapperjolle

Saterdagoggend se kapperjolle by die karnaval het reeds vir baie opwinding gesorg. Dit is warm, maar dit is ook warm in ons harte! Kom na die sportterrein toe vir jou dosis lekkerte!
Wenvlot 2022

Baie geluk aan die OK/Oraans span met jul wen vlot!!