Spanwerk laat die karnavalplan werk
Dit is nie ‘n geringe taak om ‘n karnavalprogram saam te stel wat soveel as moontlik persone insluit nie. In Orania word daar onverpoost gewerk om ons gemeenskap se voorkeure en talente uit te lig.
Plesierige uitdagings vir almal
Die Orania Karnaval is vanjaar daarop gefokus om aktiewe deelname van die gemeenskap en besoekers te verseker.
Plaasbraai vir ‘n duisend
Die amptelike opening van die jaarlikse karnaval sal op Saterdag 30 September met ‘n os op die spit geskied.
Van vlegsels tot papiervliegtuie
Ons praat nie sommer van hierjy vlegsels of vliegtuie nie, maar van langes, kortes, gekleurde, geblomde en ‘n vreeslik gevoude verskeidenheid.
‘n Afrikaneraffêre vir vlotte
Daar word mooi planne gemaak om ‘n paar nuwe toevoegings tot die optog te verwelkom.
‘n Fees van dansstyle
Daar word uitgesien na ritmiese gimnastiek, baldanse, lyndanse, volkspele, ballet, pom-pom dansertjies en moderne danse.
Slenter deur die stalletjies
Daar is selde ‘n lekkerder tydverdryf as om iemand anders se hand- en kunsvernuf te besigtig en opnuut erkenning aan individue vir hul kreatiwiteit uit te spreek.
Pieter Smith bring opskopklanke
As jy gedink het jy gaan met gevoude arms agteroor sit en ‘n vertoning bywoon, het jy ‘n fout gemaak.
Van Trauma tot Triomf
“Van Trauma tot Triomf!” Is ‘n uurlange reis, deur die heuwels en dale van die mens se hart en gees. Gebaseer op die ervarings van die akteur en skeppende kunstenaar, Erik Holm.
‘n Keur van kunstenaars en sprekers kom die karnaval inkleur
Daar word jaarliks gepoog om ‘n verskeidenheid kunstenaars by die karnaval se program in te sluit. Vanjaar is geen uitsondering nie en met die skoolvakansie wat met die karnaval se datums ooreenstem gaan daar beslis tydens die Orania Karnaval gekuier word.