Media
Karnaval 2023
Spanwerk laat die karnavalplan werk
Dit is nie ‘n geringe taak om ‘n karnavalprogram saam te stel wat soveel as moontlik persone insluit nie. In Orania word daar onverpoost gewerk om ons gemeenskap se voorkeure en talente uit te lig.
Plesierige uitdagings vir almal
Die Orania Karnaval is vanjaar daarop gefokus om aktiewe deelname van die gemeenskap en besoekers te verseker.
Plaasbraai vir ‘n duisend
Die amptelike opening van die jaarlikse karnaval sal op Saterdag 30 September met ‘n os op die spit geskied.
Van vlegsels tot papiervliegtuie
Ons praat nie sommer van hierjy vlegsels of vliegtuie nie, maar van langes, kortes, gekleurde, geblomde en ‘n vreeslik gevoude verskeidenheid.
‘n Afrikaneraffêre vir vlotte
Daar word mooi planne gemaak om ‘n paar nuwe toevoegings tot die optog te verwelkom.
‘n Fees van dansstyle
Daar word uitgesien na ritmiese gimnastiek, baldanse, lyndanse, volkspele, ballet, pom-pom dansertjies en moderne danse.