VLOTREGISTRASIE VIR 2024 KARNAVAL!
Geagte voornemende deelnemers,
Hiermee nooi ons almal hartlik uit om aan vanjaar se Orania Karnaval Vlotoptog deel te neem wat gaan plaasvind op Vrydag, 27 September 2024.
Nes verlede jaar kom ons by die Eurekakruising in Olienhoutstraat bymekaar vanaf 15:00 sodat die plasing van die vlotte gedoen kan word. Daarna vertrek ons stiptelik om 15:30 en beweeg van daar af na die Orania Sportterrein. Die beoordelaars sal vanaf die wegspringpunt deur die verskeie vlotte en voetgangers beweeg en hulle opmerkings en kritiek neerpen.
Almal is welkom om deel te neem en kan die gemeenskap uitsien na groot pryse vir groot en klein asook jonk en ook die “jonk van gees!” Vlotte en deelnemers wat te voet loop word beoordeel volgens beste vlot asook beste individuele kostuum en gees.
Die tema en slagspreuk vir vanjaar se optog is: Ons eie!
Julle “eie” inisiatief en kreatiewe planne is natuurlik noodsaaklik om die tema behoorlik uit te beeld. Ons wil graag ook die gemeenskap aanmoedig om gebruik te maak van nie-herwinbare produkte om hulle vlotte te versier sodat enige besigheid, instelling of individu die kans het om ‘n prys te wen.
Neem asseblief kennis van die volgende:
- die ingangshekke na die Sportsterrein 3.0 m breed en 3.2 m hoog is ;
- die skuifhekke langs die rugbyveld 3.3 m breed is.
Dit is dus u verantwoordelikheid om te verseker dat u vlot gemaklik daar in-en uit kan beweeg.
Alle inskrywings moet asseblief voor of op Vrydag, 13 September die Dorpskantoor bereik ten einde jou plek te verseker.
Sien almal daar!
Cobus Pretorius: Vlotkaptein