Deur Dia van Staden
Kinders tussen die ouderdomme van 6 en 12 gaan afsonderlik aan uitdagings vir seuns en dogters kan deelneem. Meisies gaan kom vlegsels vou en die seuns gaan papiervliegtuie vou.
Ons praat nie sommer van hierjy vlegsels of vliegtuie nie, maar van langes, kortes, gekleurde, geblomde en ‘n vreeslik gevoude verskeidenheid.
Almal het iewers in hul lewens met ‘n vlieënde papiervliegtuig te doen gekry. Bo-oor jou kop of teen jou lyf vas in die klas of tydens ‘n leierskamp is daar altyd tyd ingeruim vir ‘n vliegtuig van papier. Sommige vliegtuie het ‘n briefie bevat en ander was bloot vir ver en hoog vlieg gevou.
Die seuns gaan geleentheid kry om op Saterdag 7 Oktober speel-speel met hul uniek gevoude vliegtuie aan die papiervliegtuiguitdaging deel te neem.
Vir die meisiekinders word daar ‘n fyner uitdaging beplan, dieselfde tyd as wat die seuns hul aktiwiteit in die Kuiertent uitvoer. Die vou van vlegsels is iets wat oor die eeue heen reeds vir hooftooisels sorg. Die uiteenlopende vlegsels wat vroue al mee vorendag gekom het, laat enige langhaarvrou se hande jeuk om te begin vleg.
Emmarentia en Esmarelda, die tweeling haarstiliste van Die Haarateljee, gaan eersdaags vir die meisies van Orania touwys maak in die kuns van vlegselsvou. Hou die Facebookblad dop vir besonderhede.
Kry jou registrasievorm vir deelname by www.oraniakarnaval.co.za onder die opskrif: Uitdagings.
Afrikaners se kinders is ook plesierig!