Neem Kennis: Aanlyn kaartjieverkope het gesluit. Kaartjies by die Orania Sportterrein hekke beskibaar.

Erik het in 2007, na ‘n frats duikongeluk, op die ouderdom van 25 ‘n kwadrupleeg geword. Na baie omwentelinge wat hom geskep en herskep het, kom deel hy nou in die Vertel-Spel “Van Trauma tot Triomf” sy storie van ‘n oorlewingsgees en druppels dou van lafenis en lag – vir die wat ore het om te hoor.

“Van Trauma tot Triomf!” Is ‘n uurlange reis, deur die heuwels en dale van die mens se hart en gees. Gebaseer op die ervarings van die akteur en skeppende kunstenaar, Erik Holm.

Die ervaring is ‘n wa-wip rit deur die newels van die goed-en-sleg, mooi-en-lelik die gee-en-neem van die lewe, met die gees van vernuwing en hoop altyd in die oog… Met oomblikke van diep teerheid, gevolg deur uitspattige en traanskiet lag uit die maag is hierdie kleurvolle ervaring werklik iets wat blyplek vind in jou hart en gedagtes – vir herkou en herleef op eie tyd, wanneer die pad soms steil raak. Kom stap gerus saam, op die lang pad Van Trauma tot Triomf!

Dié roerende vertoning sal op Maandag 2 Oktober om 18:30 in die Orania Gemeenskapsaal aangebied word. Kaartjies beloop R100 per persoon. Bespreek jou kaartjies aanlyn by www.oraniakarnaval.co.za of besoek die Orania Poskantoor vir meer besonderhede.